, ,

Goud

‘n Gat in die grond,
dit is donker en rond.

Pyn en lyding het al daar begin,
By die plek waar ons edelmetale ontgin.

Of jy is ‘n swakkeling, of jy is sterk,
Bloed en sweet gaan gepaard met die werk.

Party geniet dit daar onder,
Die klanke van die treine, masjiene en springstowwe wat donder.

Baie het al daar onder gesterf,
Hul gedagtes is orals daar onder uitgekerf.

Op die einde van die verhaal word die klip herwin
na die vorm soos mense dit ken en bemin.
So, elke keer wanneer jy kyk na daai goue ring,
Onthou tog die mense wat dit ontgin en ondergrond uitbring.

Leave a Reply

I’m Gazza

Welcome to My Lasting Minutes.
Here I share my poetry, stories, songs, and reflections on life. My hope is to turn a minute of thought into something that outlasts me — and leaves behind something worth remembering.

Let’s connect

Donate

PayPal Me

Discover more from My Lasting Minutes

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading