Die lug is oortrek
en swaar is die humiditeit.
Die son skyn nog op ‘n puntjie van die toring van die kerk,
‘n kolosale gebou in sy volle kapasiteit.

Maar dit skeel my eintlik min,
want my gedagtes is by haar,
die meisie in wie ek my, het besin,
Voor ek gebore is, is vir my besluit al klaar.

Jy is die een my lief,
Jy is die een wat my steel.
Ek is die een, gesteel deur ‘n dief,
Ek gesteel, so vinnig, dit klop in my keel.

Daar was geen ander wee,
Jy moes kom op my pad.
Dis asof jy vir my, is gegee.
Ek moes jou tog net vat.

Dis nou nog warmer as nou-nou,
en die lug word al meer drukkend.
Die son skyn ook nie meer op die kerk se gebou,
en die donker het ook oorgeneem al sluipend.

Maar dit skeel my eintlik min,
want ek dink aan jou, my bemind.

Saam sal ons berge verskuif,
en die grootste terugslae oorbrug.
Saam sal ons dit doen, ek en jy my duif,
dus daarom het ek besluit om te skryf, hierdie gedig.

Leave a Reply

I’m Gazza

Welcome to My Lasting Minutes.
Here I share my poetry, stories, songs, and reflections on life. My hope is to turn a minute of thought into something that outlasts me — and leaves behind something worth remembering.

Let’s connect

Donate

PayPal Me

Discover more from My Lasting Minutes

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading