Ek bou vir jou ‘n huisie
van sandsteen son en skalie
ek plant vir jou ‘n wilgerboom
wat wolffluitlange skadu’s maak
ek dors vir jou ‘n riviertjie uit die aarde
waarin paddas moederlik grom
ek plaas vir jou ‘n paar vet kuikens
en cuddlesome katjies op die werf
ek brei ‘n voetmatjie om te lê
voor die riempiestoel wat ek vir jou gevleg het
ek vra die wolke om die lug plek-plek melkwit af te werk
ek gooi die damme vol water
sodat ons kinderlik kaal daarin kan baljaar
ek versamel stronke vir jou stofie
sodat ons koffiewater lekker warm kan stoom
ek berei vir jou ‘n matrasveer bedjie
waarop ons nagte lank bymekaar kan doeks
ek sit vensters in die mure
om tokkelossie buite te laat bly
dit alles doen ek net vir jou
omdat ek vreeslik baie van jou hou.

© Theunis Engelbrecht

Leave a Reply

I’m Gazza

Welcome to My Lasting Minutes.
Here I share my poetry, stories, songs, and reflections on life. My hope is to turn a minute of thought into something that outlasts me — and leaves behind something worth remembering.

Let’s connect

Donate

PayPal Me

Discover more from My Lasting Minutes

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading