In ’n koue kamer eensaam verdwaald,
staan daar ’n troon, nie vir ’n koning bepaald.
Altyd beskikbaar pligsgetrou,
behalwe wanneer ’n ander verbruiker jou ophou.
Toegewyd onvang jy jou las,
alhoewel almal daar naby dan vinnig verkas.
Ons verhouding met jou is geensins intiem,
tog deel ons met jou ervaringe subliem.
Soms gaan dit gepaard met ’n verrassende wind,
gedurende gesonde transaksies beklink.
Niemand van ons kyk graag op na jou,
behalwe wanneer jy nie beskikbaar is gou.
en as jy die dag gaan staan, verstop,
Dan kom die hele wereld tot ’n inval, ’n flop.
Ons almal vat jou ‘for granted’..
..maar jy weet jy dra die kroon,
as dit kom by ons belangrikste troon!
Porselein skoeter moet ons ry,
of in ons stryd is dit neusie verby.
Video agtergrond musiek: Funeral of the Marionettes (van ‘Alfred Hitchcock Presents’) opgevoer deur ‘The City of Prague Philharmonic Orchestra’.







Leave a Reply