in woordeboeke skuil legioene woorde: byvoeglike- en selfstandige naamwoorde meervoude, sinonieme en antonieme! - dankie tog vir google - tussen die boustene ontkiem sinne sinne wat mooi stories en gedigte baar
maar! tussen woorde broei ook onmin ⊠siele smagtend na woorde van sielsvrede wat ontwyk, terwyl navigasie tussen woorde se stampe en stote, lag insluk onreg windmeul, smoor hoor en sig
tog! tussen Bybelse woorde word ons gelei na waters waar rus is ân rusplek vir siele, lafenis vir vermoeides vertroosting in Sy alomteenwoordigheid as tot Hom genader word in gebed
want! daaruit is boustene van geloof gemessel met liefde en troos
Welcome to My Lasting Minutes.Here I share my poetry, stories, songs, and reflections on life. My hope is to turn a minute of thought into something that outlasts me â and leaves behind something worth remembering.
Leave a Reply