Soms voel ek— Ek dryf, ek dryf weg! Uit die vloei, uit die pas, Maar ek's ok... ek’s ok? geraamtes innie kas.
Almal kyk, almal staar, Hulle sien, hulle weet, Ek's vas! Vasgevang! Ek leef op die rand, waar elke senuwee—BRAND!
Soms... soms verdwaal ek, In mense se... se maniere, Ek sit hier, ek sit stil, Maar binnekant—binnekant brand die vure!
Wie is ek? Wie is ek? Ek weet nie meer, nie meer... Binnekort tref ek die bodem, Dan... dan die VERTEER!
Ek's droog, dor droog, Maar was al nat, geseen. Was dit beter? Is dit beter? Niks maak sin, niks maak sin, …is ek ontneem?
Ek skuil! Ek skuil in die donker, Vandag kom ek nie uit, Ek's ok, ek's reg, Maar iets... iets voel nie reg, is WEG! Ek bly net hier, in die stilte... SKREE EK?!—skree my gees? Ek wil MENS—WEES!
Soms... soms voel ek— Ek dryf, ek dryf weg! Uit die ritme, uit die rede, Maar ek's reg... ek’s reg... Of is ek dalk... verkeerd?
Welcome to My Lasting Minutes.Here I share my poetry, stories, songs, and reflections on life. My hope is to turn a minute of thought into something that outlasts me — and leaves behind something worth remembering.
Leave a Reply