Onse Vader wat doer êrns vêr bo in die bloulug is, 
diese warm dag wil ikke op myse kniege tot U kom bid:

Lat U se koningskap tog by ons kom,
en lat U se grootheid hier tissen ons staan gemaak kan worre,
en lat U se wil gebeure doer bo by U rond,
net so gebeure hier by ons Boesm’land se grond.

Gee ons vandag onse tjai-impie kos
en vergewe ons, onse sondige gemors,
sos ons die ander minse sin vergeef.

Here lat die kwaad doen goerterse wye draaie om ons loop
en gee tog samblief Here lat die duwel nie naby kom nie.

Die minse doen sulke lelike goerters teen my,
maar help tog samblief dat ik dit nie sal raak sien nie,
dan sal U mos ok nie myne raak sien nie.

U is vir altyd en vir altyd. Amene my groot Kroon.

Leave a Reply

I’m Gazza

Welcome to My Lasting Minutes.
Here I share my poetry, stories, songs, and reflections on life. My hope is to turn a minute of thought into something that outlasts me — and leaves behind something worth remembering.

Let’s connect

Discover more from My Lasting Minutes

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading