Intrinsiek krimp ek voor U in morifikasie vir die patinum kuras oor my hart se depot van paganisme en baatsug telkens 'n konfoor smeulend in smagting na grandiose blydskap en liefde in die grou doolhof van my bestaan my parysblou kykers dryf opaal in 'n jammerpoel Ek is nog 'n neofiet in die alfa van geloof mondig in my eerste sodiak pueriel in volwassenheid kinds in my silwer jare Maar ek sal aanhou bid dat ek in my nuwe begin oor eensaamheid besin en Elisiese psalters tot lof vir U sal sing Ek sal 'n hostie deur my purper lippe oor my tong laat gly en poog om vir ewig gewyd en nederig in die apoteose van 'n gesprek met U te bly
Welcome to My Lasting Minutes.Here I share my poetry, stories, songs, and reflections on life. My hope is to turn a minute of thought into something that outlasts me — and leaves behind something worth remembering.
Leave a Reply