Onder die vaandel van vryheid se stryd, Lê hebsug en leuens in duisternis wyd. Apartheid vervalle, so word daar gesê, Maar mag bly dieselfde, net anders uitgelê.
Die sterk oorleef, die swakkes val, ’n Roofdierse spel bepaal dit vir almal. Heersers beskerm hul rykdom en skat, Terwyl die volk in armoede spat.
Makkers eet dik aan die nasie se brood, Hul rykdom groei, terwyl ander verkeer in nood. Die grond wat gebloei het deur die stryd, Word nou vir privaatwins uitgebuit.
Lieg-laggende beloftes, drome geskend, Geregtigheid verkoop, die waarheid ge-blend. Bloed en geld heers, terwyl massas ly, Vryheid is ’n droom ver verby.
O Suid-Afrika, hoe het jy geval, Van vryheid se hoop tot ’n hebsugswal. Wanneer breek die kettings, word almal vry? Tot dan bly hebsug en tirannie jou by.
Welcome to My Lasting Minutes.Here I share my poetry, stories, songs, and reflections on life. My hope is to turn a minute of thought into something that outlasts me — and leaves behind something worth remembering.
Leave a Reply