, ,

Prentlief

Uitstekende gedig van Hennie van wyk!

Jou naam staan in my hart geskryf
en ook die kurwes van jou engellyf
volkome is jy myne ... myn aleen
stralend blinkend soos edelsteen
sagwind sweef deur ritselblaar
magies lief krap jy my deurmekaar
windwaai rooibruin herfshaardos
haselneut oë ... soos roesbruin ros
ek't my wildgeid in eie bos gelos
sissend blissend seesoutkos
jy bly my monalisa my perdeby
ek het jou al maannag stukken gevry
als wat jy wou hê gekry
soos 'n renmerie jou koud gelei

dit was jare terug my lief
tyd het ons passie gedief
ek dink nog sreeds aan jou
en jou oë se seewaterterblou

die bosveld was ons stoutspeelplek
die see se dreun ... ons passie gewek
ek onthou jou in die Namibwoestyn
sag lees ek jou jou eie kwatrein
op die vlaktes van ons eie Afrika
het jy vir ure vir meer gevra

dit was als net my verbeeldingsvlug
alleen lê ek op die naat van my rug
met 'n kiekie van jou uit 'n glanstydskrif
met my liefhart en my ydeldrif

maar ek weet as jy my geken het
sou riviere vloei en die son gaan set
en jou praghart sou vir my blom
want ek is sag ... in my oë net lag
jy prentlief moet huistoe kom

Leave a Reply

I’m Gazza

Welcome to My Lasting Minutes.
Here I share my poetry, stories, songs, and reflections on life. My hope is to turn a minute of thought into something that outlasts me — and leaves behind something worth remembering.

Let’s connect

Donate

PayPal Me

Discover more from My Lasting Minutes

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading