In ‘95 was tertiêre wiskunde my spook,
Met veertig formules het dit my nagmerries bestook.
My siel geteister tot die son opkom,
integraal en differensiaal het my stom-dom-gesom.
Kalkulus se slange het oral ingesluip,
Om elke hoek en draai hul tande gelê en slyp.
In my drome oral hulle gif gespuit,
Elke formule en funksie, ’n nagmerrie, ‘n venynige stryd.
Ek het gestudeer, by die lig van die maan,
Hoop beskaars, maar nooit vergaan.
Die eerste toets—’n nul, so koud,
‘n Telling wat my geteister het benoud.
Ses maande, ’n veldslag, moedig beveg,
Lang nagte, deur kafeïen beslêg.
Meesterskap het my nietemin bly ontwyk,
In die doolhof van syfers kon ek nie blyk.
Maar toe verskyn sy, so helder en wys,
’n Dosent, gereed om te help sonder aanprys.
"Help my dit verstaan," het ek gesmeek,
Sy’t beaam en gesê, "Kom ons breek hierdie streek."
Lesing na lesing het sy die knope ontwar,
Die netwerk ontbloot wat my verwar.
Differensiaal en integraal, het helder begin skyn,
Met haar hulp, kon ek die duisternis omlyn.
Deur geduld en ‘n helpende hand,
Het ek uiteindelik op vaste grond beland.
Kalkulus, eens ’n vyand so groot,
Was nou weer ’n vriend, in my wiskundige nood.
In my stryd, my foute, en my pyn,
Was ek ewig dankbaar vir hierdie mentor wat my weer uit die donker kon laat skyn.
Met ’n glimlag dink ek terug aan daardie ou dae,
In die doolhof van syfers, waar ek eens was verslae.
Leave a Reply