Sy trek jou in met vurige grasie,
’n Sondige glimlag, engel adorasie.
Haar borste — twee altaars, ontbloot in smag,
Jou denke gesmoor in wellus se mag.
Sy fluister laag, haar asem warm,
Elke woord ’n vlam, elke sug ’n sjarm.
Jy voel haar hitte, warm en teer,
Jou denke val, haar lyf regeer.
Sy maak haar oop, haar dye wyd—
Jy val haar in, jou lot bevryd.
Gestu op soos ’n dol besetene,
Beheers deur lus, vervloek, vergete.
Haar kreune klink soos heilige lied,
Sy trek jou in, haar dors versadig niet.
Jy brul daarbinne, ’n dier ontketen,
Gevoel en gees, stil gesweten.
Jy het verdwyn in vleis en sweet,
Elke snak ’n eed vol spyt en leed.
Jy gee jou laaste, sy vat dit klaar—
’n Prins vergaan in wellus se vaar.
Haar oë – stil—goddelik, maar nou koud—
Jy sien jouself, maar nou’s jy oud.
Geen eer, geen vuur, geen waarheid meer—
Net eggo's van jou naam, verweêr.
Jy kroon haar koningin van nag,
En word alleen in son se lag.
Die vrug het ryp geword en bloei,
En los jou siel in stukkend groei.
Jy gee haar mag toe jy geval het,
Gebuig voor vlees—jouself verraai het.
Vir plesier se vonk wat vinnig blus,
Veruil jy hemel vir ‘n leuen se kus.
Nou dra jy skuld in elke asem,
Jou lippe koud van dood se balsem.
Die slang het gelag, die tuin het gesteun—
Jy, eens ’n koning, nou onttroon, deur ‘n leuen.
Leave a Reply