Hy trippel deur ’n grafveld-blom, Verkoop die son uit ’n pot vol strond. Terwyl mae skree en velde brand, Wurg hy spoke van ’n vergete land.
Hy voer die varke, vloek die hok, Skryf liefdesliedjies terwyl hy slinks jok en skok. Sy psalm? ’n Loadshedding-refrein— ’n Koor van leuens, beskonke in sjampanje en wyn.
’n PR-pop met grimering en glans, Deeltydse redder in ’n anargie dans. Hy heers oor chaos met sy seepgladde bek— Met sy ANC-grinnik maak hy die mense gek.
Welcome to My Lasting Minutes.Here I share my poetry, stories, songs, and reflections on life. My hope is to turn a minute of thought into something that outlasts me — and leaves behind something worth remembering.
Leave a Reply