, ,

Vleismasjiene

Ons loop in lywe, warm en rou,
met denke diep, maar dade flou.
’n Spesie wild met oop instink,
wat jag en paring aan mekaar verbind.

’n Oog wat kyk, ’n bors wat bewe,
’n geur van vlees—dis hoe ons lewe.
Ons prooi op hoop en plesier se pyn,
en los ons merke op die brein.

Soms veg ons net vir mag of eer,
soms breek ons net want ons voel seer.
Ons bou uit vrees dan trotse kastele,
En verneder ons kompetisie met luide kele.

Ons plant en ploeg en maak geslag,
dan skiet ons sterre in die nag.
Ons skryf ons gode met ’n hand,
wat self nog bloed en sonde brand.

’n Soen, ’n steek, ’n sug, ’n skree—
die kringloop draai, en ons draai mee.
Ons is masjiene, hart en hand,
op soek na sin in leë land.

En so mars ons voort, heel sonder plan,
’n mal parade — die moderne man.

Leave a Reply

I’m Gazza

Welcome to My Lasting Minutes.
Here I share my poetry, stories, songs, and reflections on life. My hope is to turn a minute of thought into something that outlasts me — and leaves behind something worth remembering.

Let’s connect

Donate

PayPal Me