, ,

Mure

Ons bou hierdie mure met vaste hand,
om die goeie te beskerm teen skuifende sand—
beskerm wat kosbaar is, weerhou die sleg,
en kerf ons pad deur tyd, en reg...?

Met vaste hand lê elke klip,
oortuig ons weet wat regtig is,
dat reg en verkeerd so duidelik staan,
ons oordeel suiwer, ons ‘nederige’ baan.

Maar soos die messel droog en bind,
begin ’n vraag ons harte vind:
Wie onder mense kan ooit sê,
hy dra die laaste waarheid met hom mee?

Ons bouers, trots op eie werk,
bevestig ons doelwitte seker en sterk.
Maar elke streep in stof getrek
wys hoe ons kennis kwyn in gebrek.

Want niemand sien die volle lyn
tussen die donker, en sonskyn.
Ons keer die vloed, beskerm die saad,
terwyl ons sekerheid verander in self-verraad.

Bou daarom liewer met genade,
laat nederigheid wees jou fondasie gawe.
Want blind bly elke mens se oog,
hoe hoog hy ookal sy mure boog.

En dalk kan ons mure só bly staan,
deur storms wat oor jare gaan.
Nie omdat óns die waarheid vind,
maar omdat ons in nederigheid begin.

— Na aanleiding van Robert Frost se 'Mending walls' (1914)

Leave a Reply

I’m Gazza

Welcome to My Lasting Minutes.
Here I share my poetry, stories, songs, and reflections on life. My hope is to turn a minute of thought into something that outlasts me — and leaves behind something worth remembering.

Let’s connect

Donate

PayPal Me

Discover more from My Lasting Minutes

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading