Oor ‘n Vrystaat dorpie hang die wolke swaar,
Doer onder in ‘n klein kamertjie verlate, sit en dink hy aan haar.

Die wolke daarbo, dreun soos ‘n dier wat grom,
Hy wonder of sy nog somtyds dink aan hom.

Die wind begin nou ook te waai,
En hy wonder wat sy doen, daar onder in Mosselbaai.

Wit is die blitse wat skielik slaan,
Oor sy wang loop die blinkspoor van ‘n traan.

Gevolg deur die blitse is deurdringende reen,
Hy vloei weg in riviere, wie weet waarheen.

Die reen trek diep in die droë aarde in,
Slaap het hom oorweldig, en sy gedagtes binnegedring.

Dan! breek die son weer deur,
Is dit ‘n nuwe dag om weer te probeer?

Buite hoor ek hoe die voeltjies klaar begin het om te sing …..

Leave a Reply

I’m Gazza

Welcome to My Lasting Minutes.
Here I share my poetry, stories, songs, and reflections on life. My hope is to turn a minute of thought into something that outlasts me — and leaves behind something worth remembering.

Let’s connect

Donate

PayPal Me

Discover more from My Lasting Minutes

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading