Ek lê hier en rus in die middernag–uur,
Maar in my gees brand ‘n intense vuur.

Uit my diepste het die vraag verskyn, wie is ek
Kan iemand my help die geheimmenis oopvlek.

Om myself het ek die deursigtige muur gebou,
Vir beskerming, teen aanvalle van buite, het dit nog altyd gehou.

Maar nou, na al die berou,
Is die muur platgeslaan, met een harde hou.

Skielik het die donker verdwyn.
Liefde het in my lewe verskyn.

Hier lê ek nou weer en rus.
Ek het hieruit geleer, ek kan nie verander wat ek is.

Ek is, wat ek is ….

Leave a Reply

I’m Gazza

Welcome to My Lasting Minutes.
Here I share my poetry, stories, songs, and reflections on life. My hope is to turn a minute of thought into something that outlasts me — and leaves behind something worth remembering.

Let’s connect

Donate

PayPal Me

Discover more from My Lasting Minutes

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading