Ek is so lief vir jou my vrou.
Jy is die een van wie ek hou.

Ek sien jou gesig in die skemer – nag;
En in my hart word ek gevang in liefde se mag.

Jy is o, so skoon en rein
Jy sorg dat alle hartseer verdwyn.

Ek sal jou vir niks in die wereld verruil;
Want jy het gesorg, dat daar nie meer rede is om te huil.

Jou liggaam is o, so sag en teer;
Ek is so bang ek maak jou seer.

Eintlik het ek jou nooit verdien;
Gelukkig het jy diep in my hart gesien.

My gevoel teenoor jou, is so baie my vrou.
Ek het jou lief soos geen ander sou.

Leave a Reply

I’m Gazza

Welcome to My Lasting Minutes.
Here I share my poetry, stories, songs, and reflections on life. My hope is to turn a minute of thought into something that outlasts me — and leaves behind something worth remembering.

Let’s connect

Donate

PayPal Me

Discover more from My Lasting Minutes

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading