By U Heer plaas ons ons steun; U sal sorg dat daar lewe is vir ons seun. U krag deur liefde en genade Sal ons dra deur hierdie dae. Ons gebede gaan op tot U.
Heer u het Lazarus opgewek uit die dood. Ons vra U asseblief red ons kind in sy nood. Soos sy geliefdes sal ons bly glo Dat daar redding vir ons kind sal geskied van bo. In U Heer is ons vertroue.
Heer laat U almagtige krag werk Om ons kind se liggaam aan te sterk. Laat U krag die masjiene onderhou En seen die hande wat sy lewe help behou. Laat U wil geskied. AMEN.
Synopsis: Op 18 Januarie 2000 het ons amper vir Gertjie, of Garry soos ons hom vandag ken, verloor nadat hy 'n baie groot ongeluk beleef het. Die volgende twee gedigte het hul pad uit my hart uit gevind gedurende 'n paar onsekere nagte gedurende daardie tyd in wat ons baie onseker was of Garry dit sou oorleef. Ons is baie bly dat hy dit oorleef het en waardeer elke oomblik vandag saam met ons twee pragtige seuns. Baie dankie vir elke oomblik saam met julle. Julle is my en jul ma se harte se punte.
Welcome to My Lasting Minutes.Here I share my poetry, stories, songs, and reflections on life. My hope is to turn a minute of thought into something that outlasts me — and leaves behind something worth remembering.
Leave a Reply