Ons dra ons kind op na U Heer U is die een wat alles beheer Help ons kind asseblief in sy nood Gee ons vandag ons daaglikse brood Heer vergewe ons ons sonde Heel asseblief ons kind se wonde Ons geloof is swak as sondaar mense Vul ons met moed tot by die verste grense Heer beheer ons kind se wee Deur die dal van doods skaduwee In U is al ons vertroue Hou asseblief ons kind behoue Gee ons kind die krag om te lewe Heer hoor asseblief al ons gebede Help ons deur hierdie tyd Gee aan ons kind krag in die stryd Vader U alleen is in beheer En aan U kom toe al die eer.
Synopsis: Op 18 Januarie 2000 het ons amper vir Gertjie, of Garry soos ons hom vandag ken, verloor nadat hy 'n baie groot ongeluk beleef het. Die volgende twee gedigte het hul pad uit my hart uit gevind gedurende 'n paar onsekere nagte gedurende daardie tyd in wat ons baie onseker was of Garry dit sou oorleef. Ons is baie bly dat hy dit oorleef het en waardeer elke oomblik vandag saam met ons twee pragtige seuns. Baie dankie vir elke oomblik saam met julle. Julle is my en jul ma se harte se punte.
Welcome to My Lasting Minutes.Here I share my poetry, stories, songs, and reflections on life. My hope is to turn a minute of thought into something that outlasts me â and leaves behind something worth remembering.
Leave a Reply