O koud is die windjie en skraal. En blink in die dof-lig en kaal, so wyd as die Heer se genade, le die velde in sterlig en skade En hoog in die rande, versprei in die brande, is die grassaad aan roere soos winkende hande.
O treurig die wysie op die ooswind se maat, soos die lied van ‘n meisie in haar liefde verlaat. In elk' grashalm se vou blink ‘n druppel van dou, en vinnig verbleek dit tot ryp in die kou!
Welcome to My Lasting Minutes.Here I share my poetry, stories, songs, and reflections on life. My hope is to turn a minute of thought into something that outlasts me — and leaves behind something worth remembering.
Leave a Reply