Jy is die lyngrafiek wat deur my hart loop die eenheid wat saak maak jy is die kwadratiese vergelyking (sonder oplossing) die afwyking wat my rigting beïnvloed die frekwensie wat my lewensdata sinvol maak ons liefde is enkelvoudig saamgestel en kompleks jy is die geldige antwoord my basis my hoogte my lengte my breedte my waarskynlikheid van liefde is jy
Welcome to My Lasting Minutes.Here I share my poetry, stories, songs, and reflections on life. My hope is to turn a minute of thought into something that outlasts me — and leaves behind something worth remembering.
Leave a Reply