Vanaand is my Gebed nie in Kanseltaal Ek is hier vir 'n interim gesprek met U knielend by my nekropolis van sonde saamgeperste kneukels wit Met engele wat weerskante van U galmbord op die maat van die nokturne my met 'n pantomime begogel Ek is tans absent in Geloof My farinks woestynsand-droog soos ek my vergifnis-pleidooi soog my siel vasgevang in obliterasie Ek wil meer van U en respek vir U leer sodat my woorde ook dolliwaries in skoon enjambemente koers kan kies My portmanto voor U voete ledig dat my soenoffer daaruit plets My enkels sal ek aan U lering sjou My allure verflenter want ek wil eerbiedig met my elan in U arms toegevou ook aan my eie eldorado bou ...
Welcome to My Lasting Minutes.Here I share my poetry, stories, songs, and reflections on life. My hope is to turn a minute of thought into something that outlasts me â and leaves behind something worth remembering.
Leave a Reply