, ,

Wintermag

O koud is die windjie
en skraal
die frostituut staan
en bibber onder die paal
so ver as die oog kan bespied
rys rypstalagmiet’, hang ysstalagtiet’
en hoog in my huisie
hoor’k die ooswind se wysie
onder my gelapte kombersie
by my flouwarme kersie
o treurig die wysie
van jan rap en sy meisie
wat jodel tot koudkry gebind
en geen hitte in saamklou kan vind
hulle staan wees daarbuite
terwyl die storm tier en plet
en hulle swets deur die ruite
oor die sleutel, knus op die bed

© Pieter van Rooyen 2024

Leave a Reply

I’m Gazza

Welcome to My Lasting Minutes.
Here I share my poetry, stories, songs, and reflections on life. My hope is to turn a minute of thought into something that outlasts me — and leaves behind something worth remembering.

Let’s connect

Donate

PayPal Me

Discover more from My Lasting Minutes

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading