geriatris, gekneus geknak geknok geknoets mosies van wantroue wat tergend toets 'n vreemde spesie nes in die voue van my vel 'n spataarvertakkings moesie model so uitgelewer aan my verslete spiere ewewigontmagtigend sonder balans 'n vloeremoer sodra ek met die wals wil dans gestriemde genade van die groot Garansie
o, die vloek van nou reeds weet die vreemde verfoeienis van elke skeet ek trek op al my nate los en bloei makliker waar ek breek in bros my sintuie verraai mekaar en krysend kraak my kelekreet ek wis reeds van die graf se sielesweet
hierdie liggaam word al meer las gelapte gehawende geleefde gebleikte, flenniejas
Welcome to My Lasting Minutes.Here I share my poetry, stories, songs, and reflections on life. My hope is to turn a minute of thought into something that outlasts me — and leaves behind something worth remembering.
Leave a Reply