, ,

Wie is Ek?

My skelet huisves my malaise respekloos
terselfdertyd beur my leuens sinneloos
oor my lippe deur my verrotte tande
wat ek verskans agter my brandmaer hande

Ek is die oorskot van my maskerade
in die lig van jou oorlogsfakkel op my eie parade
My bene hang soos lang verlepte festoene
ingesteek in oorgroot hout kaparrang skoene

My malversasie het my in skaakpat
my trane druppend van my wange, dounat
Ek lees my roudig lewendig voor
en rangskik die sinne een vir een inwendig oor

My hare reeds die kleur van silwer populier
die sinopsis van my lewe kramp in elke spier
gedomper, maar ek as donateur
het reeds al die bladsye uitgeskeur

Dit is die ek wie ek is
dieselfde ek wat jy moontlik sal mis

© Roxy Van Zyl - 17/12/2024

Leave a Reply

I’m Gazza

Welcome to My Lasting Minutes.
Here I share my poetry, stories, songs, and reflections on life. My hope is to turn a minute of thought into something that outlasts me — and leaves behind something worth remembering.

Let’s connect

Donate

PayPal Me

Discover more from My Lasting Minutes

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading