Is dit as gevolg van die mense in die verlede
Dat ons so moet ly in die hede.

Daardie goddelike geslag,
Wat besluit het hulle het al die mag.

Hulle wat gedink het hulle kan regeer
Het toe eintlik alles geruineer.

Die see en riviere is almal besmet
Met die gif en chemikaliee wat mense vervaardig het.

Die diereryk het heeltemal verdwyn
Die hemelblou het ookal weggekwyn.

Ou mense, vrouens en kinders die ly;
Hul kanse op aarde die is verby.

In die wereld het liefde, ook geen waarde meer.
O Heer gee ons tog ‘n kans om weer te probeer.

Elke keer wanneer dinge verkeerd geloop het, het ons gaan sit onder ‘n roukleed
Maar wanneer dit beter gegaan het, het ons gou weer daarvan vergeet.

Daarom vra ek U om ons te vergewe,
Vir wat gebeur het in die verlede en in die hede.

Leave a Reply

I’m Gazza

Welcome to My Lasting Minutes.
Here I share my poetry, stories, songs, and reflections on life. My hope is to turn a minute of thought into something that outlasts me — and leaves behind something worth remembering.

Let’s connect

Donate

PayPal Me

Discover more from My Lasting Minutes

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading