As ek jou liefkry hoef die sterre nie te skyn nie daar hoef nie brood in die broodblik te wees nie en loadshedding is 'n breeze as ek jou liefkry kan die see maar tsunami en kan die maan in die middel van die dag die son uitdoof hoef ek nooit weer Tafelberg te sien nie kan die verkeer maar hectic wees as ek jou liefkry kan die dag doodgewoon sy eie gang gaan want dan is jy tog: my sterre, son en maan my brood en my lig my veilige berg my heerlike reis as ek jou liefkry span dit soos 'n reënboog bo-oor als
Welcome to My Lasting Minutes.Here I share my poetry, stories, songs, and reflections on life. My hope is to turn a minute of thought into something that outlasts me — and leaves behind something worth remembering.
Leave a Reply