, ,

My Gebed

Hemelse Vader

Vanaand is my Gebed nie in Kanseltaal
Ek is hier vir 'n interim gesprek met U
knielend by my nekropolis van sonde
saamgeperste kneukels wit
Met engele wat weerskante van U galmbord
op die maat van die nokturne
my met 'n pantomime begogel
Ek is tans absent in Geloof
My farinks woestynsand-droog
soos ek my vergifnis-pleidooi soog
my siel vasgevang in obliterasie
Ek wil meer van U en respek vir U leer
sodat my woorde ook dolliwaries
in skoon enjambemente koers kan kies
My portmanto voor U voete ledig
dat my soenoffer daaruit plets
My enkels sal ek aan U lering sjou
My allure verflenter
want ek wil eerbiedig met my elan
in U arms toegevou
ook aan my eie eldorado bou ...

AMEN

© Roxy van Zyl

Leave a Reply

I’m Gazza

Welcome to My Lasting Minutes.
Here I share my poetry, stories, songs, and reflections on life. My hope is to turn a minute of thought into something that outlasts me — and leaves behind something worth remembering.

Let’s connect

Donate

PayPal Me